Thursday 16 February 2012

Studie: Borsmelk is die beste

2012-02-16

Johannesburg – Wanvoeding by kinders kan met 25% afneem indien babas in die eerste ses maande net borsmelk gegee word, het 'n voedingkundige van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) Woensdag gesê.

Chantell Witten het gepraat tydens Save the Children se bekendstelling van 'n nuwe verslag, A life free of hunger: Tackling Child Nutrition.

Volgens Witten word 70% van babas vaste kosse op twee maande gevoer. Sy het ook gesê Suid-Afrika het die laagste aantal moeders in die wêreld wat borsvoed. 

Meeste vroue voer hul babas met babamelk-formule omdat hulle haastig is om terug na hul werke terug te keer nadat hulle geboorte geskenk het. Vroue is ook bang om hul babas te borsvoed wanneer hulle MIV-positief is of Vigs het.

Witten het gesê die eerste twee jaar van 'n kind se lewe is die belangrikste omdat dit die tydstip is waarop kinders al die nodige voedingstowwe moet kry. 

Hoewel sommige voedingstowwe eers op 'n latere stadium aan kinders gegee kan word, sal daardie kinders nie so gesond wees soos diegene wat vir hul eerste ses maande geborsvoed was nie.

- SAPA

Lees oorspronklike artikel HIER